Sunday, July 19, 2015

Hoe mans braai

Boerman vra Vrydag vir my om asb so ietsie vir die keel te kry en n vleisie, hy wil braai. Ek jaag dorp toe om slaghuis oop te vang. Kies die mooiste T-been uit, nie te dik nie, nie te dun nie, nie te veel of te min vet nie. In die drankwinkel koop ek net genoeg medisyne vir 2 mense, anders eindig Boerman dalk op by Sin City en dobbel die plasie weg. By die huis aangekom, sit dadelik die keelsap in die yskas soos Boer my geleer het. Maak aartappelslaai en sit in die yskas. Die tyd breek aan. Boerman pak sy koelboks, maar vergeet heeltemal van die slaai. Ek het n rusige aand, met n glasie wyn EN Boerman is vroeg genoeg by die huis, dubbele geluk.

Saterdag net so voor toemaak tyd, jaag ek gou weer dorp toe vir 'necessities'. Ek ry alleen so ek ry sommer met Boer se bakkie die vieslike grondpad en spaar bietjie die kar. Ek koop bietjie meer as wat ek beplan het ek moet 'improvise'. Ek pak oral pakkies in, laaste gaatjie wat ek kry is agter die bakkie se sitplek.  Hang my mond oop...Hier le is Boer se 'koelboks' met vleis!

















Gelukkig is dit winter, so die vleis is nog red-baar. By die huis aangekom word die pakkies weggepak. Vleis in die yskas gebere en....



 

Iemand het die hele bak aartappel slaai opgeeet! 

Gevolgtrekking 1: So dis hoe mans braai as hulle vrouens by die huis is. Hulle drink en gooi die vleis agter die sitplek. Gevolgtrekking 2: Boer se idee van koelboks pak was om die vleis in n plastiese sak te gooi en sy bier onder sy arm te dra. Wie is ons vrouens om te stry... mans 'ken van braai'!